1 Coríntios 6

1 Durf iemand van julle wat 'n saak teen 'n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?

2 Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?

3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

4 As julle dan alledaagse regsake het, moet julle die persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.

5 Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?