publicidade

1 Pedro 5

2 Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;3 ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.4 En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.5 Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

publicidade