1 Samuel 6

1 En toe die ark van die HERE sewe maande lank in die land van die Filistyne was,

2 het die Filistyne die priesters en die waarsĂȘers geroep en gesĂȘ: Wat moet ons met die ark van die HERE doen? Gee ons te kenne waarmee ons dit na sy plek kan wegstuur.

3 En hulle sĂȘ: As julle die ark van die God van Israel wegstuur, stuur dit dan nie leeg weg nie, maar gee Hom ten volle 'n skuldoffer terug; dan sal julle gesond word, en dit sal julle bekend word waarom sy hand nie van julle wyk nie.