1 Tessalonicenses 5

4 Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos 'n dief sou oorval nie.

5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.

6 Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.

7 Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk.

8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.

9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus