2 Samuel 2

1 En daarna het Dawid die HERE geraadpleeg en gesĂȘ: Sal ek optrek in een van die stede van Juda? En die HERE het hom geantwoord: Trek op. Toe sĂȘ Dawid: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron.

2 En Dawid het daarheen opgetrek, en ook sy twee vroue, Ah¥noam uit J¥sreël, en Ab¥gail, die vrou van Nabal, die Karmeliet.

3 Dawid het ook sy manne wat by hom was, laat optrek, elkeen met sy huisgesin, en hulle het in die stede van Hebron gaan woon.

4 Daarna het die manne van Juda gekom en Dawid daar as koning oor die huis van Juda gesalf. Toe hulle aan Dawid meedeel en sĂȘ: Dit is die manne van Jabes in GÂĄlead wat Saul begrawe het,

5 stuur Dawid boodskappers na die manne van Jabes in GÂĄlead om aan hulle te sĂȘ: Mag julle geseĂ«nd wees deur die HERE, dat julle hierdie guns bewys het aan julle heer, aan Saul, en hom begrawe het.

6 Mag die HERE julle dan nou guns en trou bewys, en ek self bewys ook hierdie goedheid aan julle, omdat julle hierdie ding gedoen het.

7 En nou, laat julle hande sterk wees, en wees wakker manne; want julle heer Saul is dood. Daarby het die huis van Juda my ook as koning oor hulle gesalf.

8 Maar Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Saul, het Isboset, die seun van Saul, geneem en hom oorgebring na Mahan im

9 en hom koning gemaak oor G¥lead en oor die Asuriete en oor J¥sreël en oor Efraim en oor Benjamin en oor die hele Israel.

10 Veertig jaar oud was Isboset, die seun van Saul, toe hy koning geword het oor Israel, en hy het twee jaar geregeer; net die huis van Juda het Dawid gevolg.

11 En die getal dae wat Dawid koning was in Hebron oor die huis van Juda, was sewe jaar en ses maande.

12 En Abner, die seun van Ner, met die dienaars van Isboset, die seun van Saul, het uitgetrek uit Mahan im na GÂĄbeon.

13 Joab, die seun van Seruja, en die dienaars van Dawid het ook uitgetrek. En toe hulle mekaar ontmoet by die dam van GÂĄbeon, het hulle gaan sit aan weerskante van die dam.

14 En Abner sĂȘ vir Joab: Laat die jongmanne hulle tog regmaak en voor ons speel. En Joab sĂȘ: Laat hulle regmaak.

15 Toe het hulle opgestaan, en twaalf is vir Benjamin afgetel, naamlik vir Isboset, die seun van Saul; en twaalf van die dienaars van Dawid.

16 Maar die een het die ander aan die hoof gegryp, en die een se swaard was in die sy van die ander, sodat hulle saam geval het; daarom noem hulle die plek Veld van Swaardskerptes, wat by GÂĄbeon is.

17 En dieselfde dag het die geveg buitengewoon hewig geword, maar Abner en die manne van Israel is verslaan voor die dienaars van Dawid.

18 En daar was drie seuns van Seruja: Joab en AbÂĄsai en Asahel; en Asahel was lig op sy voete soos een van die gemsbokke wat in die veld is.

19 En Asahel het Abner agternagejaag sonder om in sy koers regs of links agter Abner weg te draai.

20 Toe kyk Abner agter hom om en sĂȘ: Is dit jy, Asahel? En hy antwoord: Dit is ek.

21 En Abner sĂȘ vir hom: Draai uit na jou regter-- of linkerhand en gryp vir jou een van die jongmanne en neem sy uitrusting vir jou. Maar Asahel wou nie agter hom wegdraai nie.

22 En Abner sĂȘ nog 'n keer vir Asahel: Jy moet padgee agter my; waarom moet ek jou teen die grond slaan? Hoe sou ek dan my aangesig kan ophef voor jou broer Joab?

23 Maar hy het geweier om weg te draai. Toe steek Abner hom met die agterent van die spies in die onderlyf, sodat die spies agter hom uitkom en hy daar neerval en op die plek sterwe. En almal het bly staan wat aankom by die plek waar Asahel geval en gesterwe het.

24 Maar Joab en AbÂĄsai het Abner agternagejaag, en die son het ondergegaan toe hulle by die heuwel Amma kom wat teenoor Giag lĂȘ, aan die pad na die woestyn van GÂĄbeon.

25 En die kinders van Benjamin het agter Abner byeengekom en saam een skare geword, en hulle het gaan staan op die top van 'n sekere heuwel.

26 Toe roep Abner na Joab en sĂȘ: Moet die swaard dan vir ewig verteer? Weet jy nie dat dit oplaas bitter sal wees nie? En hoe lank sal jy nie aan die manskappe sĂȘ dat hulle moet omdraai agter hulle broers vandaan nie?

27 En Joab antwoord: So waar as God leef, waarlik, as jy nie gespreek het nie, sou die manskappe mĂŽre eers weggetrek het, elkeen agter sy broer vandaan.

28 Toe blaas Joab op die ramshoring, en al die manskappe het stilgestaan en Israel nie langer agternagejaag en nie verder meer geveg nie.

29 Daarop het Abner en sy manne daardie hele nag die Vlakte deurgegaan en deur die Jordaan getrek en deur die hele Bitron en in Mahan im aangekom.

30 En Joab het omgedraai agter Abner weg en al die manskappe versamel. En van Dawid se dienaars is negentien man en Asahel vermis.

31 Maar die dienaars van Dawid het van Benjamin, naamlik onder die manne van Abner, geslaan -- drie honderd en sestig man het gesterwe.

32 En hulle het Asahel opgetel en hom in die graf van sy vader, wat in Betlehem was, begrawe; en Joab en sy manne het die hele nag deur getrek, sodat dit vir hulle in Hebron lig geword het.