Atos 2

17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.

18 En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in die dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.

19 En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.

20 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.

21 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.