Atos 7

44 Die tent van die Getuienis was onder ons vaders in die woestyn, soos Hy wat met Moses gespreek het, hom bevel gegee het om dit te maak volgens die afbeelding wat hy gesien het.

45 En ons vaders het dit ontvang en met Josua ingebring in die besitting van die nasies wat God voor ons vaders uitgedryf het, tot op die dae van Dawid

46 wat genade gevind het voor God en gevra het om 'n woonplek vir die God van Jakob te verkry.

47 En Salomo het 'n huis vir Hom gebou.

48 Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie, soos die profeet sê:

49 Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek van my rus?

50 Het my hand nie al hierdie dinge gemaak nie?