Deuteronômio 17

18 En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom 'n afskrif van hierdie wet in 'n boek skrywe, uit die wat voor die Levitiese priesters lê;

19 en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te hou, om dit te doen;

20 sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie en hy van die gebod nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder Israel.