Hebreus 10

1 Want die wet, wat 'n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.

2 Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.

3 Maar in die offers is daar jaar na jaar 'n herinnering aan die sondes;

4 want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.