Hebreus 10

35 Werp dan julle vrymoedigheid, wat 'n groot beloning het, nie weg nie.

36 Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.

37 Want nog 'n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.

38 Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.

39 Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.