Hebreus 9

1 So het dan die eerste verbond sowel verordeninge vir die erediens asook sy aardse heiligdom gehad.

2 Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word;

3 en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste,

4 waarin 'n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van A„ron wat gebloei het, en die tafels van die verbond;

5 en daar bo-op die g,rubs van die heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het, waaroor nie nou afsonderlik gespreek kan word nie.