Hebreus 9

16 Want waar 'n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word;

17 want 'n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie.

18 Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie;

19 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel

20 en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het.