publicidade

1 Ag, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig

2 -- soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel -- om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe

3 wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie -- as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig!

4 Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.