João 5

1 Hierna was daar 'n fees van die Jode, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.

2 En daar is in Jerusalem by die Skaapspoort 'n bad met vyf pilaargange wat in Hebreeus Bet,sda genoem word.

3 Daarin het 'n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het.

4 Want 'n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan n die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.

5 En 'n sekere man was daar, wat agt en dertig jaar aan sy siekte gely het.

6 Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al 'n lang tyd siek was, sê Hy vir hom: Wil jy gesond word?

7 Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan 'n ander een voor my in.

8 Jesus sê vir hom: Staan op, neem jou bed op en loop.

9 En dadelik het die man gesond geword en sy bed opgeneem en geloop. En daardie dag was dit sabbat.