J贸 32

1 Toe het die drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie o毛 regverdig was.

2 En die toorn van El隆hu, die seun van Bar ge毛l, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.

3 Sy toorn het ook ontvlam teen sy drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.

4 Maar El隆hu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.

5 Maar toe El隆hu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.

6 En El隆hu, die seun van Bar ge毛l, die Busiet, het begin en ges锚: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.

7 Ek het ges锚: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee.

8 Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.

9 Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.

10 Daarom s锚 ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.

11 Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.

12 En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerl锚 het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie.

13 S锚 maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie.

14 Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie.

15 Hulle staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek.

16 Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord?

17 Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel.

18 Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.

19 Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars.

20 Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee.

21 Ek wil nie partydig wees nie; en 'n mens vlei, sal ek nie.

22 Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!