J贸 35

1 Verder het El隆hu aangehef en ges锚:

2 Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God,

3 dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig?

4 脗聬k sal u antwoord gee en aan u vriende saam met u.

5 Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.

6 As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen?

7 As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem?

8 U goddeloosheid raak net 'n mens soos u, en u geregtigheid 'n mensekind.

9 Vanwe毛 die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes.

10 Maar niemand s锚 nie: Waar is God, my Maker, wat lofsange gee in die nag,

11 wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die vo毛ls van die hemel?

12 Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanwe毛 die trotsheid van die kwaaddoeners.

13 Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.

14 Hoeveel minder as u s锚 u sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom.

15 Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie,

16 maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder kennis.