Lucas 17

1 En Hy het vir sy dissipels gesĂȘ: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.

2 Dit is beter vir hom as 'n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.

3 Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.

4 En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sĂȘ: Ek het berou -- moet jy hom vergewe.

5 Toe het die apostels aan die Here gesĂȘ: Gee ons meer geloof.

6 En die Here sĂȘ: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sĂȘ: Word ontwortel en in die see geplant -- en hy sou julle gehoorsaam wees.

7 En wie is daar van julle wat 'n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sĂȘ: Kom dadelik hier aan tafel?

8 Sal hy nie eerder vir hom sĂȘ nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geĂ«et en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?

9 Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.

10 So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sĂȘ dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.

11 En op sy reis na Jerusalem het Hy deur SamarÂĄa en Galil,a gegaan.

12 En toe Hy in 'n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op 'n afstand bly staan het.

13 En hulle het hul stem verhef en gesĂȘ: Jesus, Meester, wees ons barmhartig!

14 En toe Hy hulle sien, sĂȘ Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.

15 En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik.

16 En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was 'n Samaritaan.

17 Toe antwoord Jesus en sĂȘ: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?

18 Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?

19 En Hy sĂȘ vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.

20 En toe Hy deur die FariseĂ«rs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesĂȘ: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.

21 En hulle sal nie sĂȘ: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

22 En Hy sĂȘ vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.

23 En hulle sal vir julle sĂȘ: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.

24 Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees.

25 Maar eers moet Hy baie ly en deur hierdie geslag verwerp word.

26 En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:

27 hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.

28 Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.

29 Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.

30 Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.

31 In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.

32 Dink aan die vrou van Lot!

33 Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.

34 Ek sĂȘ vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

35 Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

36 Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.

37 En hulle antwoord en sĂȘ vir Hom: Waar, Here? En Hy sĂȘ vir hulle: Waar die liggaam lĂȘ, daar sal die aasvoĂ«ls saamkom.