Lucas 2

15 En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.

16 En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.

17 En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van die Kindjie vertel is.

18 En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is;