Lucas 22

7 En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes word.

8 Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sĂȘ: Gaan berei die pasga vir ons, dat ons dit kan eet.

9 En hulle sĂȘ vir Hom: Waar wil U hĂȘ moet ons dit berei?

10 En Hy antwoord hulle: Kyk, as julle in die stad ingaan, sal 'n man julle ontmoet wat 'n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan.

11 En julle moet vir die eienaar van die huis sĂȘ: Die Meester vra u -- waar is die kamer waar Ek die pasga met my dissipels kan eet?

12 En hy sal julle 'n groot bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei.

13 En hulle het gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesĂȘ het, en die pasga berei.

14 En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.