Lucas 5

18 En daar het manne 'n mens wat verlam was, op 'n bed gebring, en hulle het probeer om hom in te bring en voor Hom neer te sit.

19 En toe hulle vanweë die skare geen kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met die bed afsak deur die panne tussen die mense in en voor Jesus.

20 En toe Hy hulle geloof sien, sĂȘ Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.

21 En die skrifgeleerdes en die FariseĂ«rs het begin redeneer en sĂȘ: Wie is Hy wat so godslasterlik praat? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?

22 Maar Jesus het hulle redeneringe gemerk, en Hy antwoord en sĂȘ vir hulle: Wat redeneer julle in jul harte?

23 Wat is makliker, om te sĂȘ: Jou sondes is jou vergewe; of om te sĂȘ: Staan op en loop?

24 Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe sĂȘ Hy vir die verlamde man: Ek sĂȘ vir jou, staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.

25 Hy staan toe onmiddellik voor hulle op, neem die bed op waar hy op gelĂȘ het, en gaan na sy huis, terwyl hy God verheerlik.