Lucas 7

1 En nadat Hy voor die ore van die volk al sy woorde beĂ«indig het, het Hy in Kap,rnam ingegaan.

2 En die dienskneg van 'n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom baie werd was, was ongesteld en het op sterwe gelĂȘ.

3 Toe hy dan van Jesus hoor, het hy ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak.

4 En toe hulle by Jesus kom, het hulle Hom dringend gesmeek en gesĂȘ: Hy is dit werd dat U dit vir hom doen;

5 want hy het ons volk lief en het self die sinagoge vir ons gebou.

6 En Jesus het saam met hulle gegaan; maar toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die hoofman oor honderd vriende na Hom om vir Hom te sĂȘ: Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.

7 Daarom het ek my ook nie waardig geag om na U te gaan nie; sĂȘ dit maar met 'n woord, en my kneg sal gesond word.

8 Want ek is ook 'n man wat aan gesag onderworpe is, en ek het soldate onder my; en vir hierdie een sĂȘ ek: Gaan! en hy gaan; en vir 'n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.

9 Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sĂȘ vir die skare wat Hom volg: Ek sĂȘ vir julle, selfs in Israel het Ek so 'n groot geloof nie gevind nie.

10 En toe die wat gestuur was, teruggaan na die huis, vind hulle die siek dienskneg gesond.

11 En die dag daarna was Hy op weg na 'n stad met die naam van Nain; en baie van sy dissipels en 'n groot menigte het saam met Hom gegaan.

12 En toe Hy naby die poort van die stad kom, word daar net 'n dooie uitgedra, die enigste seun van sy moeder, en sy was 'n weduwee; en 'n groot menigte van die stad was by haar.

13 En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel en vir haar gesĂȘ: Moenie ween nie!

14 En Hy het nader gegaan en die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sĂȘ: Jongman, Ek sĂȘ vir jou, staan op!

15 En die dooie het regop gaan sit en begin praat; en Hy het hom aan sy moeder teruggegee.

16 En vrees het almal aangegryp terwyl hulle God verheerlik en sĂȘ: 'n Groot profeet het onder ons opgestaan; en: God het sy volk besoek.

17 En hierdie woord aangaande Hom het uitgegaan in die hele Jud,a en in die hele omtrek.

18 En die dissipels van Johannes het hom van al hierdie dinge berig gebring.

19 En Johannes het sekere twee van sy dissipels na hom geroep en hulle na Jesus gestuur en gesĂȘ: Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?

20 En toe die manne by Hom kom, sĂȘ hulle: Johannes die Doper het ons na U gestuur en gesĂȘ: Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?

21 En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk.

22 En Jesus antwoord en sĂȘ vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.

23 En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.

24 En nadat die boodskappers van Johannes weggegaan het, begin Hy vir die skare aangaande Johannes te sĂȘ: Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te aanskou? 'n Riet wat deur die wind beweeg word?

25 Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat pragtige klere dra en in weelde lewe, is in die paleise.

26 Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Profeet? Ja, Ek sĂȘ vir julle, nog baie meer as 'n profeet!

27 Dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.

28 Want Ek sĂȘ vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van God is groter as hy.

29 En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes.

30 Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie.

31 Toe sĂȘ die Here: Waarmee sal Ek dan die mense van hierdie geslag vergelyk, en waaraan is hulle gelyk?

32 Hulle is net soos kinders wat op die mark sit en na mekaar roep en sĂȘ: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle 'n klaaglied gesing, en julle het nie gehuil nie.

33 Want Johannes die Doper het gekom en het nie brood geĂ«et of wyn gedrink nie, en julle sĂȘ: Hy het 'n duiwel.

34 Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en julle sĂȘ: Daar is 'n mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars.

35 Maar die wysheid is geregverdig deur al sy kinders.

36 En een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te eet; en Hy het in die huis van die Fariseër gekom en aan tafel gegaan.

37 En toe 'n vrou in die stad, wat 'n sondares was, verneem dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was, het sy 'n albaste fles met salf gebring

38 en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf.

39 Toe die FariseĂ«r wat Hom genooi het, dit sien, sĂȘ hy by homself: Hy, as Hy 'n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is 'n sondares.

40 En Jesus antwoord en sĂȘ vir hom: Simon, Ek het iets om aan jou te sĂȘ. En hy antwoord: Meester, spreek.

41 Hy sĂȘ toe: 'n Sekere geldskieter het twee skuldenaars gehad; die een het vyf honderd pennings geskuld en die ander een vyftig;

42 en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. SĂȘ nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhĂȘ?

43 En Simon antwoord en sĂȘ: Ek veronderstel die een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg geoordeel.

44 Daarop draai Hy om na die vrou en sĂȘ vir Simon: Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom -- water het jy nie vir my voete gegee nie; maar sy het met haar trane my voete natgemaak en met die hare van haar hoof afgedroog.

45 'n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, vandat sy ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie.

46 Met olie het jy my hoof nie gesalf nie; maar sy het my voete met salf gesalf.

47 Daarom sĂȘ Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief.

48 En Hy sĂȘ vir haar: Jou sondes is vergewe.

49 Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sĂȘ: Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe?

50 En Hy sĂȘ vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.