Lucas 7

1 En nadat Hy voor die ore van die volk al sy woorde beĂ«indig het, het Hy in Kap,rnaÂm ingegaan.

2 En die dienskneg van 'n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom baie werd was, was ongesteld en het op sterwe gelĂȘ.

3 Toe hy dan van Jesus hoor, het hy ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak.

4 En toe hulle by Jesus kom, het hulle Hom dringend gesmeek en gesĂȘ: Hy is dit werd dat U dit vir hom doen;

5 want hy het ons volk lief en het self die sinagoge vir ons gebou.

6 En Jesus het saam met hulle gegaan; maar toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die hoofman oor honderd vriende na Hom om vir Hom te sĂȘ: Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.

7 Daarom het ek my ook nie waardig geag om na U te gaan nie; sĂȘ dit maar met 'n woord, en my kneg sal gesond word.

8 Want ek is ook 'n man wat aan gesag onderworpe is, en ek het soldate onder my; en vir hierdie een sĂȘ ek: Gaan! en hy gaan; en vir 'n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.

9 Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sĂȘ vir die skare wat Hom volg: Ek sĂȘ vir julle, selfs in Israel het Ek so 'n groot geloof nie gevind nie.

10 En toe die wat gestuur was, teruggaan na die huis, vind hulle die siek dienskneg gesond.