publicidade

Lucas 8

1 En daarna het Hy die een stad en dorp n die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom,2 ook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes: Maria wat Magdal,na genoem word, uit wie sewe duiwels uitgegaan het,3 en Johanna, die vrou van Gusa, 'n bestuurder van Herodes, en Susanna en baie ander wat Hom almal met hulle besittings gedien het.

publicidade