Lucas 8

22 En op een van daardie dae het Hy en sy dissipels in 'n skuit gegaan; en Hy het vir hulle gesĂȘ: Laat ons oorvaar na die oorkant van die see. En hulle het weggevaar

23 En terwyl hulle seil, raak Hy aan die slaap. Toe kom daar 'n stormwind op die see af en die skuit het begin vol word, en hulle was in gevaar.

24 En hulle het na Hom gegaan en Hom wakker gemaak en gesĂȘ: Meester, Meester, ons vergaan! Hy staan toe op en bestraf die wind en die watergolwe, en hulle het bedaar en daar het 'n stilte gekom.

25 En Hy sĂȘ vir hulle: Waar is julle geloof? Maar hulle was bang en verwonderd en het vir mekaar gesĂȘ: Wie is Hy tog, dat Hy selfs die winde en die water gebied en hulle Hom gehoorsaam is!