Lucas 8

49 Terwyl Hy nog spreek, kom daar iemand van die owerste van die sinagoge se huis en sĂȘ vir hom: U dogter is dood, moenie die Meester lastig val nie.

50 Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sĂȘ: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.

51 En toe Hy in die huis kom, het Hy niemand toegelaat om in te gaan nie, behalwe Petrus en Jakobus en Johannes en die vader en die moeder van die meisie.

52 En almal het gehuil en oor haar rou bedryf. Maar Hy sĂȘ: Moenie huil nie; sy is nie dood nie, maar slaap.

53 En hulle het Hom uitgelag, want hulle het geweet dat sy dood was.

54 En toe Hy almal na buite uitgejaag het, gryp Hy haar hand en roep uit en sĂȘ: Dogtertjie, staan op!

55 En haar gees het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan; en Hy het beveel dat hulle haar iets te ete moes gee.

56 En haar ouers was verbaas, maar Hy het hulle bevel gegee om aan niemand te sĂȘ wat gebeur het nie.