Lucas 9

57 En terwyl hulle op reis was, sĂȘ iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan!

58 Toe sĂȘ Jesus vir hom: Die jakkalse het gate en die voĂ«ls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlĂȘ nie.

59 En Hy sĂȘ aan 'n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.

60 En Jesus sĂȘ vir hom: Laat die dooies hul eie dooies begrawe; maar gaan jy en verkondig die koninkryk van God.

61 En 'n ander een het ook gesĂȘ: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.

62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.