Marcos 5

1 En hulle het aan die oorkant van die see gekom in die land van die Gadar,ners.

2 En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet 'n man met 'n onreine gees,

3 wat sy verblyf in die grafte gehad het. En niemand kon selfs met kettings hom bind nie;

4 want hy was dikwels met voetboeie en kettings gebind, en die kettings is deur hom uitmekaar geruk en die voetboeie stukkend gebreek; en niemand was in staat om hom te tem nie.

5 En altyd, nag en dag, het hy aangehou om te skreeu op die berge en in die grafte en homself met klippe stukkend te slaan.

6 En toe hy Jesus van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer

7 en skreeu met 'n groot stem en sĂȘ: Wat het ek met U te doen, Jesus, Seun van die allerhoogste God? Ek besweer U by God om my nie te pynig nie.

8 Want Hy het vir hom gesĂȘ: Onreine gees, gaan uit die man uit!

9 En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en sĂȘ: Legio is my naam, want ons is baie.

10 Toe smeek hy Hom dringend om hulle nie uit die land weg te stuur nie.

11 En d r teen die berge het 'n groot trop varke gewei,

12 en al die duiwels het Hom gesmeek en gesĂȘ: Stuur ons in die varke, sodat ons in hulle kan vaar.

13 En Jesus het hulle dit dadelik toegelaat; en die onreine geeste het uitgegaan en in die varke gevaar, en die trop -- daar was omtrent twee duisend -- het van die krans af in die see gestorm en in die see verdrink.

14 En die wagters van die varke het gevlug en dit in die stad en in die buitewyke vertel; en hulle het uitgekom om te sien wat daar gebeur het.