Marcos 5

38 En Hy kom in die huis van die owerste van die sinagoge en sien 'n rumoer: mense wat baie ween en huil.

39 En toe Hy binnegaan, sĂȘ Hy vir hulle: Waarom gaan julle so te kere en ween julle? Die kind is nie dood nie, maar slaap.

40 En hulle het Hom uitgelag. Maar Hy het almal uitgedryf en die vader van die kind saamgeneem en die moeder en die wat by Hom was, en ingegaan waar die kind lĂȘ.

41 Toe gryp Hy die hand van die kind en sĂȘ vir haar: TalÂĄta, koemi! wat, as dit vertaal word, beteken: Dogtertjie, Ek sĂȘ vir jou, staan op!

42 En die dogtertjie het dadelik opgestaan en begin rondloop, want sy was twaalf jaar oud. En hulle was uitermate verbaas.