Mateus 13

24 'n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesĂȘ: Die koninkryk van die hemele is soos 'n man wat goeie saad in sy land gesaai het;

25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan.

26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook.

27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesĂȘ: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan?

28 En hy antwoord hulle: 'n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sĂȘ die diensknegte vir hom: Wil u dan hĂȘ dat ons dit moet gaan bymekaarmaak?

29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie.

30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sĂȘ: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.