Mateus 18

1 In daardie uur het die dissipels na Jesus gekom en gesĂȘ: Wie is tog die grootste in die koninkryk van die hemele?

2 Toe roep Jesus 'n kindjie na Hom en laat hom in hulle midde staan

3 en Hy sĂȘ: Voorwaar Ek sĂȘ vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!

4 Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.