Mateus 21

1 En toe hulle naby Jerusalem gekom en B,tfag, aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sĂȘ vir hulle:

2 Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle 'n eselin vind wat vasgemaak is, en 'n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.

3 En as iemand vir julle iets sĂȘ, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur.

4 En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is:

5 SĂȘ vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op 'n esel, ja, 'n jong esel, die vul van 'n pakdier.

6 En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het;

7 hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelĂȘ, en Hy het daarop gaan sit.

8 En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi.

9 En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesĂȘ: Hosanna vir die Seun van Dawid! GeseĂ«nd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!

10 En toe Hy in Jerusalem inkom, het die hele stad in opskudding geraak en gesĂȘ: Wie is hierdie man?

11 En die skare sĂȘ: Dit is Jesus, die profeet, van N saret in Galil,a.

12 En Jesus het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgejaag en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi.

13 En Hy sĂȘ vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet 'n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.

14 En daar het blindes en kreupeles na Hom gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak.

15 En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderwerke sien wat Hy gedoen het, en die kinders wat in die tempel uitroep en sĂȘ: Hosanna vir die Seun van Dawid! was hulle verontwaardig

16 en sĂȘ vir Hom: Hoor U wat hulle daar sĂȘ? En Jesus antwoord hulle: Ja, het julle nooit gelees: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?

17 En Hy het hulle verlaat en uit die stad uitgegaan na Bet nië en daar vernag.

18 En vroeg in die mĂŽre toe Hy teruggaan na die stad, het Hy honger gehad;

19 en Hy sien 'n vyeboom langs die pad en gaan daarnatoe; maar Hy het niks daaraan gevind nie as net blare alleen; en Hy sĂȘ vir hom: Laat daar uit jou tot in ewigheid nooit weer 'n vrug kom nie! En onmiddellik het die vyeboom verdroog.

20 En toe die dissipels dit sien, was hulle verwonderd en sĂȘ: Hoe het die vyeboom so onmiddellik verdroog?

21 Maar Jesus antwoord en sĂȘ vir hulle: Voorwaar Ek sĂȘ vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sĂȘ julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see -- sal dit gebeur.

22 En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.

23 En toe Hy in die tempel gegaan het, kom die owerpriesters en die ouderlinge van die volk na Hom terwyl Hy besig was om te leer, en hulle sĂȘ: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U hierdie gesag gegee?

24 En Jesus antwoord en sĂȘ vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra, en as julle dit vir My sĂȘ, sal Ek julle ook vertel deur watter gesag Ek hierdie dinge doen.

25 Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense? En hulle het by hulleself geredeneer en gesĂȘ: As ons sĂȘ: Uit die hemel -- dan sal Hy ons vra: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?

26 En as ons sĂȘ: Uit mense -- dan moet ons oppas vir die menigte, want almal hou Johannes vir 'n profeet.

27 Toe antwoord hulle Jesus en sĂȘ: Ons weet nie. Hy sĂȘ toe ook vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.

28 Maar wat dink julle? 'n Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die eerste en sĂȘ: Kind, gaan werk vandag in my wingerd.

29 En hy antwoord en sĂȘ: Ek wil nie; maar later het hy berou gekry en gegaan.

30 Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so gesĂȘ; en hy antwoord en sĂȘ: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie.

31 Wie van die twee het die wil van die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jesus sĂȘ vir hulle: Voorwaar Ek sĂȘ vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God.

32 Want Johannes het na julle gekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en die hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie.

33 Luister na 'n ander gelykenis: Daar was 'n sekere huisheer wat 'n wingerd geplant het; en hy het 'n heining daarom gesit en 'n parskuip daarin gegrawe en 'n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.

34 En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang.

35 Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en 'n ander een doodgemaak en 'n ander een gestenig.

36 Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met die net so gemaak.

37 Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesĂȘ: Hulle sal my seun ontsien.

38 Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesĂȘ: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.

39 En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.

40 Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?

41 Hulle antwoord Hom: Die slegte mense -- hy sal hulle 'n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.

42 Jesus sĂȘ vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oĂ«?

43 Daarom sĂȘ Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan 'n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.

44 En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, die sal hy vermorsel.

45 En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek.

46 En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat die Hom vir 'n profeet gehou het.