Mateus 27

51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;

52 en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.

53 En n sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn.

54 En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.