Provérbios 31

13 Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.

14 He. Sy is soos die skepe van 'n handelaar -- van ver af bring sy haar brood in.

15 Wau. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.

16 Sajin. Sy dink na oor 'n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy 'n wingerd.

17 Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.

18 Tet. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie.

19 Jod. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas.

20 Kaf. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.