Provérbios 5

15 Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.

16 Sal jou fonteine buitentoe oorstroom, waterstrome op die pleine?

17 Hulle moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie.

18 Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug --

19 die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees.

20 Maar waarom sou jy, my seun, by 'n vreemde bedwelmd raak en die boesem van 'n ontugtige omhels?