Provérbios 5

3 want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,

4 maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos 'n swaard aan weerskante skerp.

5 Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.

6 Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.

7 Luister dan nou na my, julle seuns, en wyk nie af van die woorde van my mond nie.

8 Hou jou weg ver van haar af, en kom nie naby die deur van haar huis nie,

9 sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;