Rute 2

1 En Naomi het 'n bloedverwant gehad van haar man se kant, 'n vermoënde man, uit die geslag van Elim,leg, wie se naam Boas was.

2 En Rut, die Moabitiese, het vir Naomi gesĂȘ: Laat ek tog die land ingaan en are optel agter die een in wie se oĂ« ek genade sal vind. Toe antwoord sy haar: Gaan my dogter.

3 Daarop het sy heengegaan, en gekom en are opgetel op die land agter die snyers. En gelukkig kom sy op 'n stuk land af wat behoort aan Boas, uit die geslag van Elim,leg.

4 En Boas het juis van Betlehem af gekom en aan die snyers gesĂȘ: Mag die HERE met julle wees! En hulle het hom geantwoord: Mag die HERE u seĂ«n!

5 Daarop sĂȘ Boas aan sy dienaar, die opsigter oor die snyers: Van wie is hierdie jong vrou?

6 En die dienaar, die opsigter oor die snyers, antwoord en sĂȘ: Dit is die jong Moabitiese vrou wat saam met Naomi uit die veld van Moab teruggekom het;

7 en sy het gesĂȘ: Kan ek maar are optel en insamel by die gerwe agter die snyers? Sy het toe gekom en gebly van vanmĂŽre af tot nou toe; sy het maar min daar in die huis gesit.

8 Toe sĂȘ Boas vir Rut: Luister tog, my dogter: jy moenie op 'n ander land gaan are optel nie, en jy mag ook nie hiervandaan weggaan nie; maar jy moet jou by my diensmeisies aansluit.

9 Met die oë op die land wat hulle afsny, moet jy agter hulle aan loop. Het ek die dienaars nie bevel gegee om jou nie aan te raak nie? En as jy dors het, gaan dan na die kanne en drink van wat die dienaars skep.

10 Toe val sy op haar aangesig en buig na die aarde toe en sĂȘ vir hom: Waarom het ek genade in u oĂ« gevind, dat u in my belang stel alhoewel ek 'n vreemdeling is?

11 En Boas antwoord en sĂȘ vir haar: Aan my is alles omstandig vertel wat jy aan jou skoonmoeder gedoen het n die dood van jou man, en dat jy jou vader en jou moeder en jou geboorteland verlaat het en na 'n volk getrek het wat jy gister en eergister nie geken het nie.

12 Mag die HERE jou daad vergelde, en mag jou loon volkome wees van die HERE, die God van Israel, onder wie se vleuels jy kom skuil het.

13 Toe sĂȘ sy: So vind ek dan genade in u oĂ«, my heer! Want u het my getroos en na die hart van u dienares gespreek, alhoewel ek nie soos een van u dienaresse is nie.

14 En teen etenstyd het Boas vir haar gesĂȘ: Kom hierheen en eet van die brood en steek jou stukkie in die asyn. Daarop gaan sy langs die snyers sit, en hy het haar gebraaide koring gegee, en sy het geĂ«et en versadig geword en oorgehou.

15 Toe sy weer opstaan om are op te tel, het Boas sy dienaars bevel gegee en gesĂȘ: Sy mag ook tussen die gerwe optel, en julle mag haar nie beledig nie.

16 En julle moet ook so nou en dan vir haar uit die bondels uittrek en dit laat lĂȘ, dat sy dit kan optel; en julle mag haar nie keer nie.

17 En sy het op die land opgetel tot die aand; en toe sy uitslaan wat sy opgetel het, was dit omtrent 'n efa gars.

18 En sy het dit weggedra; en toe sy in die stad kom, sien haar skoonmoeder wat sy opgetel het; ook het sy uitgehaal en aan haar gegee wat sy oorgehou het nadat sy versadig was.

19 Daarop vra haar skoonmoeder haar: Waar het jy vandag opgetel, en waar het jy gewerk? Mag hy geseĂ«nd wees wat in jou belang gestel het! En sy vertel haar skoonmoeder by wie sy gewerk het, en sĂȘ: Die naam van die man by wie ek vandag gewerk het, is Boas.

20 En Naomi sĂȘ vir haar skoondogter: Mag hy geseĂ«nd wees deur die HERE, wat sy guns aan lewende en dode nie onttrek het nie. Verder sĂȘ Naomi vir haar: Die man is ons nabestaande, hy is een van ons lossers.

21 Toe sĂȘ Rut, die Moabitiese: Hy het ook nog vir my gesĂȘ: By my dienaars moet jy aansluit totdat hulle klaar is met die hele oes wat aan my behoort.

22 Daarop het Naomi haar skoondogter Rut geantwoord: Dit is goed, my dogter, dat jy met sy diensmeisies saam uitgaan en aan jou geen kwaad op 'n ander land aangedoen word nie.

23 So het sy dan by die diensmeisies van Boas aangesluit om are op te tel totdat hulle met die gars-oes en die koringoes klaar was; en sy het by haar skoonmoeder gewoon.