Rute 3

1 Toe sĂȘ haar skoonmoeder Naomi vir haar: My dogter, sal ek nie vir jou 'n rusplek soek, dat dit goed met jou kan gaan nie?

2 Nou dan, is Boas by wie se diensmeisies jy gewees het, nie ons bloedverwant nie? Kyk, hy wan vannag op die vloer gars uit.

3 Was jou dan en salf jou en trek jou klere aan, en gaan af na die vloer toe; laat jou deur die man nie herken totdat hy klaar geëet en gedrink het nie.

4 Maar as hy gaan slaap, let dan op die plek waar hy gaan slaap; kom dan nader, maak sy voetenent oop en gaan lĂȘ; en hy sal jou te kenne gee wat jy moet doen.

5 En sy antwoord haar: Alles wat u sĂȘ, sal ek doen.

6 Daarop het sy afgegaan na die vloer en gedoen net soos haar skoonmoeder haar beveel het.

7 Nadat Boas geĂ«et en gedrink het, en sy hart vrolik was, en hy gaan slaap het by die ent van die hoop, het sy stilletjies gekom en sy voetenent oopgemaak en gaan lĂȘ.

8 En die man het teen middernag geskrik en vooroor gebuig en -- daar lĂȘ 'n vrou aan sy voetenent.

9 En hy vra: Wie is jy? Toe antwoord sy: Ek is Rut, u dienares; brei dan u vleuel oor u dienares uit, want u is die losser.

10 En hy sĂȘ: GeseĂ«nd is jy deur die HERE, my dogter! Jy het jou laaste liefde beter gemaak as die eerste, omdat jy nie agter jongmanne, arm of ryk, aan geloop het nie.

11 Wees dan nou nie bang nie, my dogter; alles wat jy sĂȘ, sal ek vir jou doen, want die hele stadspoort van my volk weet dat jy 'n deugsame vrou is.

12 Nou dan, dit is sekerlik waar dat ek die losser is, maar daar is nog 'n losser, nader as ek.

13 Bly vannag oor; en as hy jou mĂŽre wil los, goed, hy kan los; maar as hy nie lus het om jou te los nie, dan sal ,k jou los, so waar as die HERE leef! Bly lĂȘ tot mĂŽre.

14 En sy het tot die mĂŽre aan sy voetenent bly lĂȘ. Maar nog voordat een die ander kon herken, het sy opgestaan; want hy het gesĂȘ: Dit mag nie bekend word dat die vrou op die vloer gekom het nie.

15 Daarna sĂȘ hy: Gee die tjalie wat jy om het, en hou dit oop. En sy het dit oopgehou, en hy het ses mate gars afgemeet en dit op haar gesit en die stad ingegaan.

16 Toe sy by haar skoonmoeder kom, het die gevra: En toe, my dogter? En sy het haar alles vertel wat die man aan haar gedoen het,

17 en gesĂȘ: Hierdie ses mate gars het hy my gegee, want hy het gesĂȘ: Jy moet nie met leĂ« hande by jou skoonmoeder kom nie.

18 En sy antwoord: Sit stil, my dogter, totdat jy weet hoe die saak uitval; want die man sal nie rus tensy hy vandag nog die saak afgehandel het nie.