Salmos 22

16 My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.

17 Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.

18 Al my beendere kan ek tel; hulle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!