Salmos 23

1 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.

2 Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

3 Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.