Salmos 27

1 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?

2 As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet -- my teëstanders en my vyande, ja, myne -- struikel hulle self en val.

3 Al word 'n laer teen my opgeslaan, my hart sal nie vrees nie; al staan 'n oorlog teen my op, nogtans vertrou ek.