Salmos 3

1 'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.

3 Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.

4 Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.

5 Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.

6 Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.