Salmos 34

8 Get. Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

9 Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

10 Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.

11 Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie.