Salmos 51

4 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.

5 Want ,k ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.

6 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.

7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

8 Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.

9 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.