Salmos 91

1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.

2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.

3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.

4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser.