Salmos 95

1 Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!

2 Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!

3 Want die HERE is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode.

4 In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.

5 Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.

6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.